Smag jy na ’n stiller, meer skeppende lewe? Waar jy vir vriende geskenke maak pleks van haastig iets wat in massa geproduseer word van ’n rak af gryp. Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; ’n groentetuin, dalk ’n hoender of twee vir vars eiers? Eenvoud wys wat jy in jou spens- en skoonmaakkas maklik self kan maak pleks van om dit te koop in plastiek verpakking: Granola, jogurt, slaaisous, sitrusskoonmaakmiddel, katoenjammerlappies... Dieselfde geld vir jou badkamerkas – kook jou eie seep, meng gesigolie en reukweerder, hekel wattelappies... Jy hoef nie ’n meestersjef of handwerkghoeroe te wees nie. Geniet die proses van met jou hande werk en iets nuuts leer; weg van die rekenaar af. En eksperimenteer – Eenvoud het ook mooi skoon bladsye waar jy notas kan neerskryf. (Plus gratis uitknip-etikette, geskenkkaartjies en ’n herwinplakaat.) Laat Eenvoud jou bystaan op die pad na ’n groener en meer skeppende en betekenisvolle lewe.
- Available now
- Newly Added - Ebooks for Adults
- Escape into History with Historical Fiction
- Poetry and Novels in Verse
- Have a Laugh
- Lifestyles of the Rich and the Famous
- Stand-Alone Mystery and Thriller Novels
- Debut Novels
- Romance at the ready
- Black Voices
- Escapist Reads
- From Book to Screen
- LGBTQIA+ Picks
- See all ebooks collections
- Available now
- Newly Added - Audiobooks for Adults
- Audiobooks for the Whole Family
- Mysteries You May Have Missed
- New teen additions
- New kids additions
- See all audiobooks collections